MDGs in Afrikaans
Millenium-doelwitte vir ontwikkeling
Afrikaans | Ndebele | Sepedi | Sotho | Swati | Tsonga | Tswana | Venda | Xhosa | Zulu
Die Verenigde Nasies se Milleniumverklaring, onderteken in September 2000, verbind lede aan die volgende doelwitte:
- Doen weg met uitermatige armoede en honger
- Halveer die getal mense wat op minder as een VSA dollar per dag lewe.
- Halveer die getal mense wat honger ly.
- Vergroot die hoeveelheid voedsel vir diegene wat honger ly.
- Maak primêre skoolopleiding vir almal ʼn feit
- Maak seker dat alle seuns en dogters die volledige reeks lesse in primêre skoolopleiding ontvang.
- Hoër getalle ingeskrewe leerders moet in verband staan met pogings om alle leerders op skool te hou vir hoë gehalte opleiding.
- Bevorder geslagsgelykheid en bemagtig vroue
- Doen weg met geslagsverskille in primêre en sekondêre opleiding, verkieslik teen 2005, en op alle vlakke teen 2015.
- Verminder sterftesyfers vir kinders
- Verminder die Sterftekoers onder kinders jonger as vyf met twee derdes.
- Verbeter moeders se gesondheid
- Verminder die verhouding van moeders wat sterf met ʼn drie kwart.
- Beveg MIV/VIGS, malaria en ander siektes
- Halt MIV/VIGS en begin om verspreiding daarvan hok te slaan.
- Halt malaria en ander vername siektes en begin om verspreiding daarvan hok te slaan.
- Maak seker die omgewing is ondersteunbaar
- Integreer die beginsels van ondersteunbare ontwikkeling in landsbeleid en –programme; wysig verliese aan natuurlike hulpbronne.
- Halveer die getal mense sonder volhoubare toegang tot gesonde drinkwater (vir verdere inligting sien die inskrywing oor drinkwatervoorsiening).
- Bereik beduidende verbetering in die lewens van ten minste 100 miljoen krotbewoners teen 2020.
- Ontwikkel ʼn wêreldwye vennootskap vir ontwikkeling
- Ontwikkel ʼn oop handel- en finansiële stelsel wat gegrond is op reëls, voorspelbaar en sonder diskriminasie is. Sluit ʼn verbintenis in tot goeie beheer, ontwikkeling en vermindering van armoede – landwyd en internasionaal.
- Spreek lande wat die minste ontwikkel is, se spesiale behoeftes aan. Dit sluit in tarief- en kwotavrye toegang vir hulle uitvoergoedere, verbeterde aflossing van skuld vir arm lande met groot skuldlaste; kansellasie van amptelike bilaterale skuld, en meer grootmoedige amptelike ontwikkeling vir lande wat toegespits is op vermindering van armoede.
- Spreek die spesiale behoeftes aan van state wat deur land ingesluit word, asook klein eilandjies as ontwikkelende state.
- Werk omvattend met ontwikkelende lande se skuldprobleme deur nasionale en internasionale maatreëls toe te pas ten einde skuld op lange duur te handhaaf.
- Werk in oorleg met die ontwikkelende lande, en ontwikkel menswaardige asook produktiewe werk vir jong mense.
- Bied, in medewerking met farmaseutiese maatskappye, toegang tot bekostigbare noodsaaklike medisyne in ontwikkelende lande.



